SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    ZUIDDAM, Benno. 'n Merkwaardige verhaal! Die lewe en historiese omstandighede van M.C.Vos (1759-1825). In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-12. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel het die historiese rol van Ds. M.C. Vos (1759-1825) vasgestel as 'n internasionale Piëtistiese wat sending bedryf het onder die slawe en nie-Europeërs aan die Kaap. Dit helder misverstande op wat ontstaan het oor die genealogie van Vos en stel dat daar geen genealogiese rede is om Vos te beskou as 'n predikant en skrywer van nie-Europese afkoms nie. Sy kultuur en voorgeslag was dié van 'n Nederlandse kolonis, hoewel daar enige Euro-Asiatiese elemente in sy genealogie mag wees. Indien dit die geval is, dan het dit bygedra tot sy natuurlike simpatie vir die lot van die Bengaalse en Maleise slawe. Hierdie artikel toon egter aan dat die motivering vir die sendingarbeid van Vos nie op rassistiese gronde berus het nie, maar op die Woord van God. Die verkondiging van die Evangelie en die bevordering van die kennis van die Skrif was die beweegrede van die Nederduits Gereformeerde predikant. Hierdie artikel toon aan dat die Bybel en buitengewone Goddelike leiding 'n merkwaardige invloed uitgeoefen het op die lewe en dade van M.C. Vos, selfs sodanig dat sy lewensbeskrywing deurspek is met Bybelse taalgebruik. Vos word in historiese perspektief geplaas om sy merkwaardige persoon te verstaan in die lig van sy tyd en oortuigings.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )