SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    SCHALEKAMP, M.E.  y  DE KLERK, B.J.. Die vier Nicaanse merktekens van die kerk as rigtingwysers in 'n ekklesiologiese diskoers. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

    Die ondersoek het rondom die vier begrippe in die Geloofsbelydenis van Nicea gesentreer, naamlik eenheid, heiligheid, katolisiteit en apostolisiteit. Die vraag wat nagegaan was, is of hierdie vier merktekens kan dien as riglyne in 'n ekklesiologiese diskoers. In die artikel was eerstens aandag gegee aan die Belydenis van Nicea oor die merktekens van die kerk, daarna was nagevors of die vier merktekens reeds in beginsel in die brief aan die Efesiërs gevind kan word, en laastens is die merktekens kursories openbarings-histories getoets volgens die briewe aan die sewe gemeentes in Openbaring. Die bevindings wat gemaak is kom op die volgende neer: die kerk in die eerste eeue, volgens die merktekens van die kerk, het sy identiteit vanuit haar oorsprong missionêr geïdentifiseer en daarom was die merktekens in hulle gerigtheid op die aktiwiteit (taak) van die kerk steeds missionêr, om uitdrukking te gee aan die missionêre identiteit van die kerk. Die vier merktekens van die kerk, naamlik eenheid, heiligheid, katolisiteit en apostolisiteit, behoort steeds bepalend vir die kerk se missionêr-ekklesiologiese identiteit te wees.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )