SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    VAN WYK, Jan Harm. Van Christologie tot Jesulogie? Teologiese gesprek met Sakkie Spangenberg na aanleiding van sy boek Jesus van Nasaret (2009). In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-11. ISSN 2305-0853.

    Spangenberg het 'n boeiende boek oor Jesus van Nasaret geskryf waarin hy aandag skenk aan onder meer (vermeende) Ou-Testamentiese agtergronde, om daarna veral dieper in te gaan op verskeie Nuwe-Testamentiese perspektiewe op Jesus. Hy het tot die konklusie gekom dat die onderskeie Nuwe-Testamentiese skrywers elk 'n eie perspektief op Jesus ontwikkel het, perspektiewe wat mekaar soms weerspreek. In elk geval was daar 'n groot verskil tussen die historiese Jesus van Nasaret en die dogmatiese Jesus van die kerklike belydenis. In die kerklike dogma is Jesus vergoddelik, iets wat Hy nooit was of wou wees nie. Die ware Jesus was niemand anders nie as 'n Joodse profeet en wysheidsleermeester. Spangenberg kom tot hierdie gevolgtrekking op grond van wat hy noem 'wetenskaplike studie' en 'n radikaal-kritiese omgang met die Bybel. In hierdie artikel is sowel die filosofiese vertrekpunte as die teologiese konklusies van Spangenberg krities bespreek en bevraagteken.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )