SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    MWAMBAZAMBI, K.. 'n Teologiese beskouing van omgewingsbeskerming in Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.849-866. ISSN 2305-0853.

    Afrikateoloë, en inderdaad die hele mensdom, behoort 'n permanente individuele en kollektiewe verbintenis tot omgewings-beskerming te maak. Met behulp van konseptuele hulpmiddels, asook sosiologiese en teologiese kritiese analise, kan gedemonstreer word hoe konsepte soos politiek, ekonomie, oorlog, kultuur, tegnologie, verstedeliking, die Internet, globalisering, missiologie en teologie verband hou met die ekologie en ons natuurlike omgewing. Afrikateoloë en besorgdes behoort gevolglik ekologiese norme in ag te neem en waar te neem as deel van die vervulling van hulle wêreldsending. Mugambi en Mika (2001:4) verklaar dat "human beings and nature as such are valuable and deserve to survive". Globale en plaaslike rolspelers moet dus die toepaslike verantwoordelikheid aanvaar ten einde die noodsaaklike ekologiese balans te verseker vir die handhawing van lewe op hierdie planeet. Hierdie artikel analiseer en demonstreer die noodsaaklikheid van omgewingsbeskerming vir die Afrikakontinent. Die doel is om omgewingsbewustheid en aktiewe betrokkenheid in die assessering van die omgewingsimpak op alle menslike aktiwiteite aan te moedig.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )