SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    RHEEDER, A.L.. Die waarde van menswaardigheid in die bioetiek. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.2, pp.315-340. ISSN 2305-0853.

    Daar word vandag deur bioetici en juriste aangevoer dat die begrip "menswaardigheid" geen bedrae lewer tot die bioetiek nie en in wese 'n nuttelose begrip is. Teenoor hierdie vooronderstelling word uitgegaan van die standpunt dat die begrip "menswaardigheid" tot die hart van die Bybel behoort en daarom as 'n vrugbare begrip in die bioetiek gebruik kan word. Menswaardigheid word gefundeer in die feit dat die mens na die beeld van God geskape is. Die feit dat die mens as beeld van God geskape is en dus menswaardig is, het ongetwyfeld implikasies vir die bioetiek. Menswaardigheid deur en teenoor die mens binne die bioetiek beteken dat genesing van siekte nagestreef moet word; dat die mens as psigosomatiese eenheid moet handel en behandel word; dat voortplanting eksklusief vanuit die huwelik mag plaasvind; en dat alle menslike lewe maksimaal beskerm moet word. Waar laasgenoemde nie gebeur nie, word die godgegewe waarde van die mens aangetas.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )