SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    BRUNSDON, A.R.  y  LOTTER, G.A.. Kanker as lewensnood: Voorlopige merkers vir die pastoraat. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.4, pp.665-684. ISSN 2305-0853.

    Die diagnose van kanker is ingebed in die negatiewe sosiale diskoers van 'n doodsvonnis. Dit het derhalwe 'n eksistensiële krisis tot gevolg in die lewens van persone wat daardeur geaffekteer word. Waar die mediese wetenskap sy optrede laat bepaal deur die tipe kanker wat gediagnoseer is, is die roete wat die pastoraat moet volg nie dadelik duidelik nie. In hierdie artikel word gepoog om voorlopige merkers te identifiseer wat van belang sal wees vir die pastoraat aan persone wat deur kanker geaffekteer is. Deur kanker fenomenologies te beskou en ook in die lig van die bekendste vorme van mediese ingrype, sal sekere sleutelveranderings geponeer word wat vermoedelik deur 'n kankerdiagnose meegebring sal word. Agt geantisipeer-de sleutelveranderings word bespreek, te wete: die verskuiwing van grense, blootstelling aan nuwe verhoudings, gevoelens van verwerping, 'n identiteitskrisis, die radikalisering van kommunikasie, die radikalisering van tyd, skeidings- en doodsangs as-ook geloofsvrae. In die lig van hierdie geantisipeerde veranderings word 'n sestal voorlopige fokusareas vir die pastoraat bespreek. Die teodiseevraag, lydingsvraagstuk, die sonde-siekte-vraagstuk, medies-etiesevraagstukke, sterwensbegeleiding en rousmart asook die eskatologiese bestemming van die gelowige. Hierdie aspekte kom in aanmerking as voorlopige merkers vir die pastoraat aan persone wat deur kanker geaffekteer is.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )