SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    OLIVER, E.. Die invloed van die Christelike geloof op die Suid-Afrikaanse samelewing. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.305-326. ISSN 2305-0853.

    Die bedoeling van die vroeë kerk was nie in die eerste plek om die politiek, ekonomie en regstelsels van die wêreld te verander nie, maar spoedig het die Christene se manier van leef die samelewing rondom hulle beïnvloed. Die Europese setlaars het die calvinistiese geloof na die suidpunt van Afrika gebring waar dit vir die volgende 340 jaar 'n leidende rol in die geskiedenis van die land gespeel het. Geen teëkanting of bevraagtekening van die bevoorregte posisie van die Christendom deur nie-Christene is geduld nie en die invloed daarvan op die samelewing is as vanselfsprekend aanvaar deur veral die Christelike deel van die bevolking. Vandag vertoon die samelewing sowel die medaljes as die littekens van hierdie toedrag van sake. Hoewel Suid-Afrika nooit amptelik bekend gestaan het as 'n Christelike land nie, is die geweldige invloed wat die Christendom op die land gehad het na meer as 'n dekade van gods-diensvryheid in 'n neutrale staat, steeds sigbaar. Die doel van hierdie artikel is om 'n inleidende, oorhoofse en verkennende blik te verskaf van die reikwydte en invloed wat die Christendom op die samelewing gehad het, gesien vanuit 'n historiese perspektief.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )