SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    VAN DEN BERG, J.-A.  y  DE WET, R.. Sketse van 'n pastoraat van narratiewe betrokkenheid in die Lukasevangelie met besondere klem op die Saggeusverhaal. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.145-158. ISSN 2305-0853.

    Belangrike nuwe ontwikkelings het die afgelope dekades binne die praktiese teologie en in besonder die pastorale teologie plaasgevind. Met die veronderstelling dat hierdie ontwikkelings ook deur die Woord ondersteun word, word die betekenis van 'n narratiewe pastorale betrokkenheid op 'n besondere wyse geïllustreer, aan die hand van die Evangelie van Lukas en in besonder die verhaal van Saggeus. Die betekenis daarvan vir die pastoraat word onder die volgende opskrifte ontgin: agter-grond tot pastorale betrokkenheid, die eko-hermeneutiese benadering in 'n pastoraat van narratiewe betrokkenheid, 'n spiralende pastorale betrokkenheid en verhale wat pas. In 'n herme-neutiese proses word paradigmatiese-, epistemologiese- en metodologiese oorwegings in 'n geïntegreerde sirkulêre model aan die orde gestel. Voortspruitend uit 'n eko-hermeneutiese ontwikkeling in die pastoraat word 'n epistemologie van nar-ratiewe betrokkenheid gevolg. Deur ko-konstruksionisme as verdere aksent in die sosiale konstruksionisme te plaas, word die rol van die Skrif verder beskryf. In 'n voortdurende sirkulêre beweging tussen praktyk en teorie word teoretiese perspektiewe gekaats teen die verhaal van Saggeus.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )