SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    MALAN, J.P.  y  JANSE VAN RENSBURG, J.J.. Interpretasie van die metafoor "saam met Christus gekruisig" (Gal. 2:15-21). In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.101-126. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel poog om die metafoor Xpioτωσυνεταύρωµαι ("ek is saam met Christus gekruisig") in Galasiërs 2:15-21 geldig te interpreteer, en te bepaal watter betekenis die metafoor vir die lewe van die gelowige het. Eerstens word bepaal wat 'n metafoor is en daarna word riglyne vir die interpretasie van 'n metafoor gegee. Hierdie riglyne word op die "saamgekruisig"-metafoor in Galasiërs 2:15-21 toegepas. Die sterwe vind plaas wanneer 'n persoon tot geloof in Christus kom. Hierdie "sterwe" beteken om te sterf aan dit waaraan die gelowige gewoond was. Die gevolg hiervan is dat die wet en die sonde geen hou-vas meer op die gelowige het nie. Die gelowige lewe nie meer nie, maar Christus lewe in hom en deur hom. Die uiteinde is dat die middelpunt vir die gelowige nie meer "ek" is nie, maar God.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )