SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    VAN DER WATT, J.. Johannese styl: Enkele inleidende opmerkings oor die funksionele gebruik van herhaling in die Evangelie volgens Johannes. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.75-100. ISSN 2305-0853.

    Sommige van die maniere waarop Johannes herhaling as styl-figuur in sy Evangelie gebruik, word ondersoek. Ten eerste word gefokus op die herhaalde gebruik van "ewige lewe" in die Evangelie. Veranderinge ten opsigte van die gebruik van die konsep deur die loop van die ontwikkeling van die narratief word aangedui. Daarna word die konsekwente wyse waarop die term "ewig" herhaaldelik aan die term "lewe" verbind word, in fokus geplaas. Die selektiewe gebruik en die ontwikkeling van die woord "liefde", wat dikwels gebruik word, word in die eerste twaalf hoofstukke ondersoek. Dit word gevolg deur 'n ondersoek van die funksionele gebruik van die konsep van navolging in die Evangelie. Redes vir die herhaling word vervolgens behandel.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )