SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Koers

    versión On-line ISSN 2304-8557versión impresa ISSN 0023-270X

    Resumen

    WHITE, Dr P.; TELLA, F.  y  AMPOFO, M. D.. A missional study of the use of social media (Facebook) by some Ghanaian Pentecostal Pastors. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.81.2.2250.

    Sosiale media as nuwe fenomeen het 'n instrument geword wat deur meeste TV-evangeliste en pastore regoor die wêreld gebruik word. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Facebook-aktiwiteite van sommige Ghanese Pentekostale pastore vanuit 'n missionale perspektief ondersoek word. In hierdie artikel word die volgende ondersoek: Die konsepte van sosiale media en Facebook, veral dan in terme van hulle potensiaal vir missionale doeleindes; die Facebook-fenomeen, spesifiek onder die Ghanese; en die wyse waarop Ghanese Pentekostale pastore van Facebook gebruik maak vir missionale doeleindes. Die navorsing bevind dat Ghanese pastore deur mense van verskillende godsdienstige en sosiale agtergronde op sosiale media gevolg word. Dit bied aan pastore en hulle geloofsgemeenskappe die geleentheid om verhoudings met 'n wye verskeidenheid mense te ontwikkel, sonder om deur die grense van geografiese gesitueerdheid beperk te word.

    Palabras clave : Sending; Sosiale media; Facebook; Pentekostalisme; Ghana; Sosiale media en sending; Sosiale media en evangelisasie.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )