SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Koers

    versión On-line ISSN 2304-8557versión impresa ISSN 0023-270X

    Resumen

    BEYERS, C.  y  KOTZE, C.. Die bydrae van stigma en diskriminasie jeens MIV-positiewe adolessente tot die verspreiding van die MIV- en VIGS-pandemie. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.1, pp.55-74. ISSN 2304-8557.

    Hoewel daar wêreldwyd navorsing gedoen word oor die bekamping van die MIV- en VIGS-pandemie, blyk dit dat verspreiding van die virus in Afrika Suid-van-die-Sahara steeds aan die toeneem is. Vele redes kan aangevoer word waarom voorkomingsprogramme nie daarin slaag om die pandemie te bekamp nie. In hierdie artikel word gefokus op stigma en diskriminasie teenooradolessente as bydraende faktore. Die artikel lewer verslag oor kwalitatiewe navorsing wat onderneem is om die persepsies en houdings van die gemeenskap teenoor MIV-positiewe adolessente en VIGS-lyers en laasgenoemdes se ervarings in hierdie verband te ondersoek. Die analise van data het aan die lig gebring dat daar, ten spyte van beskikbare inligting wat die teendeel beklemtoon, nog steeds vrees bestaan vir infeksie deur normale kontak met lyers en dat hulle as gevolg daarvan anders behandel word as ander individue. 'n Kort bespreking van stigma in die algemeen en in die konteks van MIV en VIGS in die besonder is ter inleiding aangebied, asook 'n opsomming van kenmerke van adolessente wat hulle veral bloot-stel aan MIV- en VIGS-infeksie. Die artikel word afgesluit met enkele aanduidings van hoe stigmatisering en diskriminasie moontlik die hoof gebied kan word.

    Palabras clave : adolessent; isolasie; dolessent; vooroordeel; MIV en VIGS; diskriminasie; MIV en VIGS; stigma.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )