Servicios Personalizados
Revista
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
Koers
versión On-line ISSN 2304-8557versión impresa ISSN 0023-270X
Resumen
STEYTLER, J.P.D. y STRYDOM, H.. Die rol van 'n mentor vir seuns tydens die oorgangsfase van die laat-middelkinderjare na adolessensie. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.1, pp.33-53. ISSN 2304-8557.
Seuns in hulle laat-middelkinderjare beleef verreikende veranderings in hulle lewens. Die bereiking van puberteit en die oorskakeling van kinderjare na adolessensie veroorsaak groot spanning en wrywing. Die intensiteit van die verhouding tussen pa en seun neem dikwels af terwyl die betrokkenheid in portuurgroepe weer toeneem. Hierdie artikel fokus op die seun in sy laat-middelkinderjare se belewing van sy biologiese pa en die invloed van die gesinsrangorde. As alternatiewe vaderfiguur word die klem op 'n mentor gelé. Die behoefte aan 'n mentor en die verwagtings wat die seun in sy Iaat-middeIkinderjare het rakende die mentor, word ondersoek.
Palabras clave : gesinsrangorde; mentor; oorgangsfase; kind na adolessent; pa-seunverhouding; seuns; laat-middelkinderjare.











