SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    De Jure Law Journal

    versión On-line ISSN 2225-7160versión impresa ISSN 1466-3597

    Resumen

    DU PLESSIS, M A (Riëtte). Kliniese regsopleiding: Vaardighede in onderhoudsvoering. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.1, pp.140-162. ISSN 2225-7160.  https://doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n1a9.

    Vaardigheidsopleiding, wat onderhoudsvoering insluit, is aanvullend tot 'n kliniek se oogmerk van sosiale geregtigheid, aangesien dit studente bemagtig om uitspraak uit te stel, om vanoor 'n verskeidenheid te kommunikeer en oplossings te soek. Onderhoudsvoeringvaardighede is 'n basis van kliniese regsopleiding, 'n leermetode in 'n lewende-kliënt kliniek. Aangesien studente oor die algemeen sonder kliniese toesig onderhoude voer, is hul opleiding in die verband noodsaaklik. In die bespreking van onderhoudsvoeringopleiding, val die klem op die voorbereiding van studente, wat die taking van vooropgestelde idees en aannames insluit, asook beradingsvaardighede. 'n Verskeidenheid van ondervragings-tegnieke word bespreek en daar word aangedui dat onderrigliteratuur die veronderstelling ondersteun dat die manier waarop vrae gestapel word belangriker mag wees vir die bevordering van begrip as die kognitiewe vlak van die vraag. Periodieke opsommings help die studente om 'n beter begrip van die sake te vorm. 'n Bondeling van optredes wat binne konteks geïnterpreteer moet word, is nie-verbale aanduidings, gedrag wat obstuksies tussen die studente en hul kliënte mag vorm, spieëlgedrag en prosedie. Regsanalise en strategieë met potensiële oplossings waarvoor studente verantwoordelikheid moet aanvaar, aangesien hulle handelinge andere mag beïnvloed, word bespreek. Die doelstellings van kliniese regsopleiding, soos van toepassing op onderhoudsvoering, word aangedui.

            · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )