SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    De Jure Law Journal

    versión On-line ISSN 2225-7160versión impresa ISSN 1466-3597

    Resumen

    MARUMOAGAE, Clement. Nadeel voortspruitend uit die nie-betaal van pensioenbelange as gevolg van wat ingesluit of uitgesluit word uit egskeidingsbevele. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.1, pp.102-121. ISSN 2225-7160.  https://doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n1a7.

    Hierdie artikel benadruk die praktiese uitdagings verbandhoudend met aftreefondse se weiering om dele van hul lede se pensioenbelang aan nielid eggenote uit te betaal na gelang van hoe egskeidingsbevele opgestel is. Daar word gedemonstreer dat nie-lid eggenote belas word met aansoek doen vir 'n wysigingsbevel om te voldoen aan sodanige fondse se onredelike eise om 'korrekte' egskeidingsbevele. Hierdie artikel voer 'n argument dat, sodra die pensioenbelang 'n bate geag word in ooreenstemming met artikel 7(7) van die Egskeidingswet, Wet 70 van 1979, daar dan geen regverdiging is vir die fondse om te weier om die nielid se deel van die lid se pensioenbelang, soos ter datum van egskeiding, te betaal nie. Daar word verder geargumenteer dat die regsbelang wat die nie-lid eggenoot in die lid se pensioenbelang, verkry in terme van die partye se huweliksgoederebedeling, die betaling van sodanige belang in elk geval regverdig, omdat daar nie voldoen is aan die bepalings van die artikel 7(8) van die Egskeidingswet nie

            · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )