SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    De Jure Law Journal

    versión On-line ISSN 2225-7160versión impresa ISSN 1466-3597

    Resumen

    VAN DER BIJL, Charnelle. Strafregtelike aanspreeklikheid en beleidsoorwegings ten opsigte van hoëspoed-agtervolgings. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.3, pp.439-454. ISSN 2225-7160.

    Artikels 58(3) en 60 van die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 maak voorsiening daarvoor dat die bestuurders van sekere voertuie onder bepaalde omstandighede die padreëls mag verontagsaam of die spoedgrens mag oorskry. Hierdie vrystellings geld ook vir verkeersbeamptes of 'n persoon aangestel ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens 68 van 1995 wat 'n voertuig in die uitvoering van sy of haar pligte bestuur. Hierdie artikel ondersoek die moontlike strafregtelike aanspreeklikheid van polisie- en verkeerspolisiebeamptes wat betrokke is by insidente waar ander padgebruikers in die loop van hoëspoed-agtervolgings gedood of beseer is. Die doel is om vas te stel of hulle onder hierdie omstandighede "immuniteit" geniet. 'n Oorsig oor die toepaslike padverkeerswetgewing en vrystellings word gegee. Die moontlike aanspreeklikheid van polisie- en verkeerspolisiebeamptes word ondersoek met verwysing na die algemene beginsels van strafregtelike aanspreeklikheid en die waardes wat in die Grondwet verskans is. Laastens word ondersoek ingestel na die posisie in die VSA vir die ontwerp van moontlike riglyne waar daar spesifiek gekyk word na die benadering gevolg in grondwetlike en privaatregtelike sake waar derdepartypadgebruikers beseer of gedood is.

            · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )