SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 número4Amore: CNN-based moving object detection and removal towards slam in dynamic environmentsComparison of life cycle assessment tools in cement production índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    South African Journal of Industrial Engineering

    versión On-line ISSN 2224-7890

    Resumen

    STEENKAMP, R.J.. A World Economic Forum perspective on the quadruple helix model of innovation. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.4, pp.59-69. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/31-4-2295.

    Die vierde industríele revolusie is 'n relatiewe nuwe verskynsel onderlê deur verskeie kragte wat beide innoverend en kompleks is. Hierdie eienskappe bring verskeie nuwe konsepte na vore wat gemeenskappe, ekostelsels, leierskap en bestuur op verskeie maniere affekteer. Die behoefte aan 'n model wat die dinamika van die vierde industríele revolusie verduidelik blyk nodig te wees in die lig van die omvang en spoed van nuwe tegnologiee wat aan die revolusie verwant is. Die viervoudige heliks model van innovasie stel moontlikhede voor om die wisselwerking van verskeie konsepte van die revolusie te verhelder en te vereenvoudig in terme van die primêre dimensies. Hierdie artikel ondersoek hierdie dimensies, en dui aan hoe die viervoudige heliks model vier kragte, naamlik, drievoudige heliks ekostelsels, drievoudige bestuursteorie, vergrotingsratsheid, en die tydvakskeppende gemeenskap verbind. 'n Drie-fase strategie, wat sekondêre literatuurbronne gekombineer het, is gevolg om die viervoudige heliks model te hersien. Dit sluit, as hoof fokuspunt, 'n beduidende en ingeligte oorsig vanuit die perspektief van die Wêreld Ekonomiese Forum in.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )