Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
WEILAND, L.V.; LAW, C. y SUNJKA, B.P.. Ensuring sustainable and resilient air traffic management systems for South Africa with complexity and whole-of-society theory approaches. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.3, pp.97-109. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/31-3-2424.
Die bestuur van lugverkeer is 'n ingewikkelde, multidissiplinêre, sosio-tegnologiese stelsel van stelsels wat die lugvervoer industrie ondersteun. Die bekendstelling van nuwe tegnologieë aan die lugverkeer bestuurstelsel het gelei tot n gebrek aan begrip van die invloed van nuwe tegnologie op mense, masjinerie, prosedures en regulerende omgewings. Daar is dus 'n behoefte aan metodes om geloofwaardige vereistes te bepaal wat gebruik kan word om bedryfspraktyke, beleide, gereedskapstukke en tegnieke te verbeter met die oog op voortgesette aanpasbaarheid. Die doel van hierdie artikel is om n konseptuele raamwerk te ontwikkel wat gebruik maak van die 'hele samelewing' perspektief en tegnieke, soos kompleksiteitsteorie, en om dit op Suid-Afrikaanse lugverkeer bestuur toe te pas. Die raamwerk is verder ontwikkel om die vereistes van n volhoubare en aanpasbare lugverkeer bestuurstelsel te verstaan.