SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número2Quantifying suppliers' product quality: An exploratory product audit methodReconfigurable product routing and control for mass customisation manufacturing índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    South African Journal of Industrial Engineering

    versión On-line ISSN 2224-7890

    Resumen

    SCHMIDT-DUMONT, T.  y  VAN VUUREN, J.H.. Optimisation of radio transmitter locations in mobile telecommunication networks. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.2, pp.160-176. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/27-2-1502.

    Verskeie faktore moet in ag geneem word wanneer radiosender-plasingsbesluite deur mobiele telekommunikasienetwerke gemaak word. In die algemeen word area-oordekking en gemiddelde seinsterkte in hierdie besluite as belangrike kriteria geag. Hierdie kriteria gee aanleiding tot 'n twee-doelige fasiliteitplasingsprobleem gemik op die soeke na aanvaarbare afruilings tussen die maksimering van totale area-oordekking en die maksimering van gemiddelde seinsterkte aan gebiede waarin aanvraag na oordekking bestaan. 'n Wiskundige modelleringsraamwerk, gebaseer op hierdie twee plasingskriteria, word in hierdie artikel vir die evaluering van 'n versameling radiosenderliggings daargestel. In die raamwerk word oordekking gemeet volgens die mate waartoe die Fresnel-sone tussen die handtoestel en die basisstasie belemmer is, terwyl seinsterkte aan die hand van radiogolf-voortsettingsverliese gemodelleer word. Hierdie raamwerk word gebruik om 'n nuwe, twee-doelige fasiliteitplasingsmodel te formuleer wat as basis kan dien vir besluitsteun in die soeke na hoë-kwaliteit senderliggingsafruilings deur mobiele telekommunikasie-netwerkverskaffers, maar vind ook toepassing in verskeie ander kontekste (soos die optimale plasing van radars, uitkyktorings, of waarnemingskameras).

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )