SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    South African Journal of Industrial Engineering

    versión On-line ISSN 2224-7890

    Resumen

    HAGSPIHL, R.  y  VISAGIE, S.E.. The number of pickers and stock-keeping unit arrangement on a unidirectional picking line. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.3, pp.169-183. ISSN 2224-7890.

    Die opmaak van bestellings is meestal die enkele grootste uitgawe in n distribusiesentrum (DS). Die DS wat hier beskou word gebruik n opstelling in die vorm van 'n uitsoeklyn om bestellings vir die winkels op te maak. Die aantal werkers en die rangskikking van voorraadeenhede in die uitsoeklyn is twee belangrike faktore wat die totale afhandelingstyd beïnvloed. In hierdie artikel word 'n uitsoeklyn met behulp van agent-gebaseerde simulasie gemodelleer om die gedrag van n individuele werker te simuleer. Hierdie simulasie word dan gebruik om die effek van die aantal werkers en die voorraad se rangskikking te analiseer. Verifiëring en validering van die model wys dat die model wel die werklike uitsoeklyn bevredigend naboots. Grensontleding word gebruik om 'n goeie aantal werkers vir n uitsoeklyn te bepaal. n Tabel word verskaf om die regte aantal werkers vir n nuwe lyn na te slaan. Die aanvanklike rangskikking van die voorraadeenhede in die uitsoeklyn beïnlvoed die kongestie en die totale afhandelingstyd. Die gulsige rangskikkingen-verdeling en die orrelpyp rankskikkings uit die literatuur, sowel as die historiese rankskikking deur die kleinhandelaar, word vergelyk met die voorgestelde klaskamer-dissipline-heuristiek (KDH) vir voorraad rangskikking. Die bevinding word gemaak dat die KDH n beter verspreiding van voorraadeenhede oor die lyn bewerkstellig, wat lei tot die verlaging van die totale kongestie en afhandelingstyd van n uitsoeklyn.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés