SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número2Activity-based costing for vehicle routing problemsDetermining tactical operational planning policies for an auto carrier - A case study índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    South African Journal of Industrial Engineering

    versión On-line ISSN 2224-7890

    Resumen

    BAIER, O.  y  WITT, G.. Functional components produced by multi-jet modelling combined with electroforming and machining. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.2, pp.182-192. ISSN 2224-7890.

    Sekere komponente in brandstofsel tegnologie is nodig vir die lei van vloeistowwe. Daar is dikwels seël probleme wanneer hierdie komponente met konvensionele metodes vervaardig word en probleem- en instandhoudingsvrye ontplooiing kan nie gewaarborg word nie. 'n Nuwe proses kombinasie is ontwikkel in 'n gesamentlike projek tussen die Universiteit van Duisburg-Essen se Sentrum vir Brandstofsel Tegnologie en Galvano-T GmbH, 'n vervaardiger wat van elektrovorming gebruik maak. Die benadering is om multi-straalmodellering te kombineer met elektrovorming en freeswerk om 'n eksterne geometrie te produseer. Die waksmodelle word gegenereer op koper basis plate en word met koper bedek tot op die verlangde dikte. Gevolglik word die elektroplateerde oppervlakke gemasjineer tot op die verlangde afmetings en die waks word weggesmelt. Hierdie artikel beskryf hoe dié proses tegnies uitvoerbaar is, asook hoe die multi-straalmodellering op 'n 3-D Systems ThermoJet aangepas is om die proses te stabiliseer. Bestaande beperkings en moontlikhede word uitgelig en verskillende elektroplateringsbenaderings word ondersoek. Die studie ondersoek ook of die waksstruktuur deur 'n aanvanklike geleidingslaag geaktiveer moet word of nie. Verskillende onderdele van die proses is vervaardig, onder andere 'n hitteruiler, 'n verdamper en 'n hervormer. Daarby is meervoudige laag onderdele met verskillende funksies vervaardig deur die proses verskeie kere te herhaal.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )