SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Literator (Potchefstroom. Online)

    versión On-line ISSN 2219-8237versión impresa ISSN 0258-2279

    Resumen

    KREUITER, Allyson. Gotiese landskap, herinnering en kos: 'n Lesing van Valerio Varesi se The Dark Valley [Die Donker Vallei]. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-7. ISSN 2219-8237.  https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1371.

    Die Mediterreense Noir is bekend vir misdade wat plaasvind in 'n landskap met asuurblou hemel en seekuste van stede soos Marseille, Barcelona of selfs Venesië. In teenstelling hiermee, plaas die Italiaanse skrywer Valerio Varesi sy misdaadromans in die meer landelike landskappe van dorpe in Toskane en Emilia-Romagna. In hierdie plekke is dit die landskap van mis, riviere en berge wat die Noir Gotiese vertelling en atmosfeer skep waardeur die misdade wat gepleeg word, omring is. My artikel sal ondersoek hoe, in Varesi se The Dark Valley [Die Donker Vallei], 'n subtiele saamsmelting van die tegnieke van landskap, kos en 'n Gotiese ontwrigting van die terugkeer van die verlede na die hede sentraal tot die storiewêreld van die roman is. Hierdie ontwrigting tussen die verlede en die hede, sal, volgens my, daartoe lei dat Varesi se speurder, kommissaris Soneri, sy eie identiteit bevraagteken.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )