SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Literator (Potchefstroom. Online)

    versión On-line ISSN 2219-8237versión impresa ISSN 0258-2279

    Resumen

    OLIVIER, Jako. Vervlegte leer in 'n taalklas op eerstejaarsvlak: Beoordeling van die aanvaarding van 'n interaktiewe leeromgewing. Literator [online]. 2016, vol.37, n.2, pp.1-12. ISSN 2219-8237.  https://doi.org/10.4102/lit.v37i2.1288.

    Vervlegte leer, as kombinasie van gesig-tot-gesig en aanlyn onderrig, word toenemend in universiteitsklaskamers toegepas. In hierdie studie is die gebruik van 'n interaktiewe leeromgewing (IL), binne 'n Sakai-gebaseerde leerbestuurstelsel, sowel as gesig-tot-gesig-onderrig en -leer in 'n Afrikaanse taalklas op eerstejaarsvlak ondersoek. Die tegnologie-aanvaardingsmodel (TAM) is deur middel van 'n vraelys gebruik en 'n struktuurvergelykingsmodel is ingespan om faktore wat relevant is tot hierdie eerstejaarsklas te ondersoek. Verder is kwalitatiewe navorsing gedoen deur middel van 'n oopvraelys ten einde die persepsies rondom die konteks waarin die vervlegte leer plaasgevind het asook die IL te bepaal. Daar is gevind dat die studente in die algemeen in staat is om binne die IL te funksioneer en dat hulle positief is teenoor die gebruik van die IL ten opsigte van onderrig en leer. Dit is egter ook duidelik dat studente eerder gedrukte studiemateriaal verkies. Ten spyte van die feit dat studente aandui dat hulle die IL daagliks gebruik, het werklike gebruikstatistiek nie hiermee ooreengestem nie. Ten slotte word daar in hierdie artikel voorstelle gemaak ten opsigte van die aanpassing van onderrig ten opsigte van studente se gedrag op grond van hul rekenaarangs, internetselfdoeltreffendheid asook die waargenome bruikbaarheid en gebruiksgemak van die IL.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )