SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 número1Stakeholders' perceptions of the delivery and quality of sexually transmitted infection treatment by private practitioners in Windhoek, NamibiaReasons for students' poor clinical competencies in the Primary Health Care: Clinical nursing, diagnosis treatment and care programme índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Health SA Gesondheid (Online)

    versión On-line ISSN 2071-9736versión impresa ISSN 1025-9848

    Resumen

    VAN DER WESTHUIZEN, Elmarie; BURGER, Johanita R.; LUBBE, Martie S.  y  SERFONTEIN, Jan H.P.. Further potential savings attributable to maximum generic substitution of antidepressants in South Africa: A retrospective analysis of medical claims. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-5. ISSN 2071-9736.

    Die hoofmikpunt van hierdie studie was om die potensiële kostebesparing te bereken wat deur maksimale generiese vervanging van antidepressante in die Suid-Afrikaanse private gesondheidsorgsektor tussen 2004 en 2006 teweeggebring sou kon word. Data oor gerekenariseerde eise vir medisyne van pasiënte wat een of meer antidepressante gedurende die studietydperk ontvang het (d.i. 2004, 2005 en 2006) is van 'n Suid-Afrikaanse maatskappy wat farmaseutiese voordele bestuur, verkry. Die totale studiepopulasie het bestaan uit 292 071 items (N = 5 982 869) van 273 673 voorskrifte (N = 5 213 765) teen 'n totale koste van R56 183 697.91 (N = R1 346 210 929.00). 'n Kwantitatiewe, retrospektiewe medisyneverbruiksontleding is gedoen en data is geanaliseer deur van die Statistical Analysis System®-pakket gebruik te maak. Potensiële kostebesparings is vir middels in die studiepopulasie wat aan die kriteria voldoen het, bereken. Generiese produkte het 58.7% (N = 292 071) van alle produkte wat voorgeskryf is, uitgemaak, teen 'n totale koste van 28.2% (N = R1 346 210 929.00). Indien die gemiddelde prys van alle middels wat aan die kriteria vir vervanging voldoen het, met die prys vir generiese middels vervang word, is 'n potensiële besparing van 9.3% (N = R56 183 697.91) van die werklike koste vir antidepressante gedurende die studietydperk moontlik. Generiese middels kan in ontwikkelende lande met beperkte gesondheidsorg-hulpbronne kostebesparende alternatiewe wees.

    Palabras clave : cost savings; drug utilisation review; generic equivalents; innovators; Statistical Analysis System® program.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )