SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número5  suppl.11 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    HTS Theological Studies

    versión On-line ISSN 2072-8050versión impresa ISSN 0259-9422

    Resumen

    DREYER, Wim A.. Die ontstaan en belang van Calvyn se eerste drie publikasies. Herv. teol. stud. [online]. 2017, vol.73, n.5, suppl.11, pp.40-52. ISSN 2072-8050.  https://doi.org/10.4102/hts.v73i5.4564.

    Gedurende 2017 herdenk Lutherse en Calvinistiese kerke die Kerkhervorming wat 500 jaar gelede plaasgevind het. Hierdie hoofstuk fokus op Johannes Calvyn se eerste publikasies, dit wil sê publikasies wat verskyn het voordat hy met sy bediening in Genève begin het. Die fokus val op die drie belangrikste publikasies in hierdie periode, te wete sy 'Kommentaar op Seneca se De Clementia', die 'De Psychopannychia' en die eerste uitgawe van sy 'Christianae Religionis Institutio'. In hierdie eerste drie publikasies is 'n jeugdige Calvyn aan die woord. Ten spyte daarvan is die publikasies omvangryk en is dit duidelik dat Calvyn vroeg in sy lewe oor omvangryke kennis en insig beskik het. Die vroegste publikasies word somtyds as van minder belang geag. In hierdie bydrae word die stelling gemaak dat die publikasies van groot belang is omdat Calvyn talle van die gedagtes wat later in sy werke na vore kom, reeds in sy vroeë werke aan die orde gestel het.

            · texto en Africano     · Africano ( pdf )