SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-2The value of academic labourManifestations of sensory perception in some poems included in two digital Byderhand installations at Worcester, South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    GREYLING, Franci; VERHOEF, Suna  y  TEMPELHOFF, Gustaf. Die Byderhand-Pionierprojek: 'n Gevallestudie van die deelnemende dinamika in die skep en toeganklikmaking van lokatiewe literatuur vir persone met siggestremdheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1336-1362. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a14.

    Die artikel bied, deur 'n bespreking van die Byderhand-Pionierprojek as gevallestudie, 'n blik op die praktiese implementering van deelnemende en skeppende interdissiplinêre projekte in die Digitale Humaniora. Die Byderhand-Pionierprojek, wat lokatiewe literatuurinstallasies in Worcester in die Wes-Kaap behels, is uniek in dié opsig dat die multimodale literatuurinstallasies vir persone met siggestremdheid toeganklik is en dat persone met siggestremdheid 'n integrale rol in die totstandkoming van die projek gespeel het. Die artikel fokus op die kontekstualisering van die gevergde deelnemende benadering; op die projekkonseptualisering en -raamwerk; op die deelnemende dinamika wat die totstandkoming van die multisensoriese tuin, die skep van die digitale literatuur daarby betrokke, en die toeganklikmaking van sodanige inhoud moontlik gemaak het (koppelvlakontwerp); en op nabetragting oor en gevolgtrekkings aangaande die projekbenadering. Deelname aan die projek het die projekspan bewus gemaak van die behoeftes van persone met siggestremdheid en van die noodsaak van groter inklusiwiteit en toeganklikheid van kultuurprodukte - in die besonder soos dit ten opsigte van koppelvlakontwerp en digitale aanbieding van literatuur tot uitdrukking kom.

    Palabras clave : lokatiewe literatuur; digitale literatuur; plekspesifieke literatuur; deelnemende benadering; deelnemende dinamika; praktykgebaseerde navorsing; samewerking; siggestremdheid; multisensoriese tuin; koppelvlakontwerp; toeganklikheid; mede-ontwerp; toegepaste digitaleliteratuurstudies.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )