SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1Person-oriented citizenship education in public secondary education índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    DAVIDS, Ronel S; ROMAN, Nicolette V  y  SCHENCK, Rinie. Horende moeders en vaders se benadering tot ouerskap van kinders met gehoorverlies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.727-744. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a10.

    Navorsing toon dat 90% van kinders met gehoorverlies vir horende ouers gebore word (Cole & Flexer 2016; Lederberg, Schick & Spencer 2013). Hierdie ouers kan probleme ondervind om 'n effektiewe benadering tot die grootmaak van kinders te ontwikkel, en hulle kan dit 'n uitdaging vind om 'n kind met gehoorverlies met selfvertroue groot te maak (Calderon, Bargones & Sidman 1998). Studies dui aan dat interaksie tussen gesinslede, familiehulpbronne en ondersteuningsdienste alle areas van die gesinslewe beïnvloed wanneer daar 'n kind met 'n gehoorverlies in die familie is. Boonop ondervind horende ouers nie net uitdagings ten opsigte van hul kind se gehoorverlies nie, maar is daar sprake van verdere uitdagings soos stres, kommunikasie, maatskaplike ondersteuning en toegang tot inligting. Verder beïnvloed gehoorverlies in kinders ouers se vertroue in hulle vermoë om 'n kind met gehoorverlies groot te maak. In hierdie studie ondersoek ons of daar 'n verskil is tussen moeders en vaders se ouer-skapbenadering, en of daar enige bydraende faktore is wat ouers se self-effektiwiteit mag benadeel wanneer hulle 'n kind met gehoorverlies grootmaak.

    Palabras clave : horende ouers; kind met gehoorverlies; ouerskapbenaderings; bydraende faktore; self-effektiwiteit van ouers.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )