SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número1The perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    PIENAAR, W.J. (Wessel). Riglyne by die keuse van padprojekte deur die owerheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.126-141. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a9.

    Dié artikel verduidelik waarom die voorsiening van openbare paaie aan markmislukking onderhewig is, en verduidelik die redes waarom openbare paaie deur die staat voorsien word. Dié oorwegings is hoofsaaklik ekonomies van aard en word uit 'n sektorale, mikro- en makroëkonomiese oogpunt toegelig. Die bedryfseienskappe van padvervoer, teenoor dié van spoorvervoer, wat vir die stimulering van ekonomiese lewenskragtigheid bevorderlik is, word oorsigtelik verduidelik. Die staat se plig om padinfrastruktuur te voorsien bring mee dat daarvoor begroot moet word. Die artikel beskryf die situasie wanneer padowerhede reaktief die voordele van padvoorsiening moet probeer maksimeer onder die beperking van fiskale rantsoenering en 'n vaste begroting. Ten slotte word voorgestel dat padowerhede, met oordeelkundige benutting ook van leningsfondse, proaktief optree om die voordele van padvoorsiening te maksimeer deur hulle padboubegrotings as veranderlik te benader, maar onderworpe aan 'n prestasiereël.

    Palabras clave : makroëkonomie; mikroëkonomie; mobiliteit; onafhanklike projekte; onderling uitsluitende projekte; pleknut; produksiefaktore; sosiale-koste-voordeel-ontleding; toeganklikheid; voordeel-koste-verhouding.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )