SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    DU PLESSIS, Danie  y  DU PLESSIS, Charmaine. Afrikaans op Twitter in 'n wêrelddorp: 'n McLuhaniaanse perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.788-808. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a11.

    In die artikel word 'n kwalitatiewe navorsingsontwerp gevolg om die toepaslikheid van McLuhan en McLuhan (1988) se media-effekraamwerk in ʼn wêrelddorpkonteks te ondersoek. Die Afrikaanse aanlyn organisasie, Afrikaans.com, se Twitterprofiel, wat ten doel het om die Afrikaanse taal te bevorder, is as ʼn voorbeeld van ʼn wêrelddorp gebruik. Twitter verteenwoordig die digitale era oorwegend as 'n kommunikasie- en inligtingsmedium en vervul dus 'n belangrike rol in die media-ekologie wat by verdere beskrywing kan baat vind. Veral die sosiale media verleen ʼn nuwe perspektief aan die vier media-effekte soos die steekproefdata, as ʼn voorbeeld van McLuhan se wêrelddorpmetafoor, illustreer. Die bevindinge toon oortuigend aan hoe die vier media-effekte relevant is vir Afrikaans.com se Twitterprofiel as wêrelddorp. Die vraag word ook gestel of die media-effekte relevant sal bly namate Twitter en ander sosialemediaplatforms as gevolg van voortdurend veranderende tegnologie ontwikkel. Derhalwe word 'n vyfde media-effek voorgestel om die fyner nuanses van Twittergesprekke te ontleed.

    Palabras clave : deduktiewe tematiese analise; McLuhan; media-effekte; media-ekologie; sosiale media; Twitter.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )