SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número3Franchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchisingAfrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    JONES, Chris. Morele leierskap noodsaaklik vir versoening -toegepas op die Israel-Palestina konflik. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.501-518. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a4.

    Hierdie artikel poog om uit te wys dat versoening, veral in konflik-geteisterde gebiede, moeilik is sonder morele leierskap. Morele leierskap moet egter in lyn met sekere biologiese kerndrywers, soos evolusionêr in die mens bepaal, gebring word. Waar dit nie in lyn hiermee is nie, is transformasie op die langtermyn nie werklik moontlik nie. In die lig hiervan word daar stilgestaan by versoening wat onontbeerlik is as ons menslik wil saamleef. Binne hierdie raamwerk van morele leierskap asook versoening word die historiese en eietydse perspektief op die konflik tussen die Israeli's en Palestyne in oënskou geneem en hoe hierdie morele leierskapsmodel, geïntegreerd hiermee, moontlik kan help om, in lyn met internasionale wetgewing en menseregte (alhoewel dit nie bespreek word nie) vrede en versoening in hierdie eeue-oue Midde-Oosterse konflik-geteisterde gebied te bring. Hierdie model word ook baie kortliks met sekere etiese teorieë en beginsels in verband gebring.

    Palabras clave : morele leierskap; ingebore drywers van gedrag; kernwaardes; voorspoed; geregtigheid; vertroue; kennis; versoening; nuwe mensheid; Israel-Palestynse konflik; Joodse fundamentalisme; Sionisme; godsdiensinvloed.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )