SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1Hengelo is Afrika: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2009 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.58 no.1 Pretoria ene. 2018

     

    UITNODIGING

     

    Huldigingsbundels: Afrikaanse skrywers/digters/ dramaturge

     

     

    Verskeie letterkundiges het reeds gereageer op die vorige oproep in die TGW (Desember 2016) om voorstelle vir temas vir bogenoemde huldigingsbundels in die boekeprojek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in te dien.

    Die volgende temas met redakteurs is geïdentifiseer:

    Adam Small (Jacques van der Elst)

    Elsa Joubert (Thys Human en Phil van Schalkwyk)

    Breyten Breytenbach (Francis Galloway)

    PG du Plessis (Heilna du Plooy)

    Johann de Lange (Daniel Hugo)

    Pieter Fourie (Fanie Olivier)

    Reza de Wet (Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris)

    Die eerste publikasie in die reeks onder die titel Adam Small - Denker Digter Dramaturg het einde November 2017 by Protea Boekhuis verskyn. Protea sal ook die ander publikasies in die reeks uitgee. Daar word toegespits op Hertzogpryswenners, maar name van ander bekroonde skrywers kan ook voorgelê word.

    Die gasredakteur sal 'n honorarium ontvang en ook 'n begrotingsbedrag om navorsing vir 'n betrokke publikasie te onderneem. Skrywers sal vir gekeurde bydraes vergoed word, maar moet die publikasieregte vir die gekeurde bydrae aan die SA Akademie oordra. Hiermee word dan 'n vriendelike uitnodiging gerig aan belangstellendes om moontlike skrywers / digters / dramaturge wat gehuldig behoort te word aan die keurkomitee voor te lê. Voorstelle vir 'n gasredakteur vir 'n betrokke publikasie word ook ingewag.

    Dit gaan hier om 'n langtermynprojek wat stelselmatig afgehandel sal word na gelang redakteurs daarin slaag om 'n manuskrip te voltooi.

    Nadere besonderhede rakende die huldigingsreeks kan verkry word van die sameroeper van die Spesialiskomitee, Jacques van der Elst (jvde@absamail.co.za of skakel 0828807636).

     

    Ina Wolfaardt-Gräbe

    E-pos: publikasies@akademie.co.za