SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    RAATH, Andries. Kan Althusius die politokrate red?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.161-178. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a11.

    In 'n bydrae tot die debat oor die grondslae van politokratiese kommunitarisme, het Danie Goosen in die Desember 2016-uitgawe van hierdie tydskrif beweer dat die idee van die Griekse polis voortlewe deur Johannes Althusius se moderne federale politieke teorie van die sewentiende eeu. In hierdie artikel word die houdbaarheid van Goosen se standpunt in die lig van Althusius se onderskrywing en toepassing van die Ramistiese logika en dialektiese metodologie ondersoek. Ramus se logika was nie gewortel in die Aristoteliese sillogisme nie, maar in definisies en Stellings behorende tot die betrokke empiriese wetenskapsterreine. Althusius het 'n duidelik onderskeibare Reformatoriese inslag aan die Ramistiese metodologie verleen. Dié metodologie sou as 'n beperkte vorm van transendentaal-empiriese metodologie beskryf kon word. In hierdie artikel word geargumenteer dat die filosofiese wortels van politokratiese kommunitarisme in direkte teenstelling staan tot Althusius se politieke teorie. Die implikasie is dat die politokratiese onderskrywing en akkommodering van Althusius se politieke standpunte vereis dat die Aristotelies-universalistiese statisme en die onderliggende idee van diensbaarheid aan die belange (en behoeftes) van die organismiese staat vaarwel toegeroep sal word. Althusius se insig in die onderskeid tussen die strukture van die burgerlike samelewing en die staat as publiekregtelike instelling, noodsaak die verwerping van die kernidees van politokratiese kommunitarisme tot die mate dat laasgenoemde 'n vergestalting van abstrakte gemeenskapslewe is, dit 'n totalitêre (en absolutistiese) vorm van politieke gemeenskap omhels, dit fundamentele burgerregte verwerp en 'n innerlik teenstrydige en ongedifferensieerde vorm van politieke assosiasie weerspieël.

    Palabras clave : Althusius; Aristoteles; federalisme; Goosen; politokratiese kommuni-tarisme.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )