SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    GREFFRATH, Wynand. Radikale postkolonialisme en die Suid-Afrikaanse universiteitswese. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.928-945. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a4.

    In hierdie artikel word onlangse studenteprotes gekontekstualiseer teen die agtergrond van politieke tendense in die Suid-Afrikaanse staat en samelewing. Die verstryking van die postapartheidstydperk word oorweeg, tesame met die gelyktydige ontluiking van 'n radikale en postkoloniale sosiopolitiese tydsgees. Laasgenoemde word as vertrekpunt gebruik vir 'n evaluasie van studenteprotes en die eise wat aan hoër onderwys en universiteite in Suid-Afrika gestel word. Gevolglik word die universiteit se funksie en verhouding teenoor staat en samelewing oorweeg en word daar gedemonstreer hoe hierdie verhoudings moontlik sal verander in 'n postkoloniale milieu. Die plek en rol van Afrikaans by universiteite word ook spesifiek bespreek.

    Palabras clave : #FeesMustFall; Postapartheid; Postkolonialisme; Radikale politiek; Studenteprotes; Suid-Afrikaanse universiteite.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )