SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1The perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    OLIVIER, Bert. Neoliberalisme, "Imperium" en globale geweld. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.134-152. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a9.

    Die huidige tyd is een van eindelose, ofskoon sporadiese, gewapende globale geweld, soos duidelik uit internasionale nuusberigte in die media blyk. Sodanige geweld, hetsy as deel van die "oorlog teen terreur", of tussen regeringsmagte en rebellemagte in verskeie wêrelddele, vind onder die huidige hegemoniese orde van neoliberale kapitalisme plaas, waar ekonomiese en politieke mag saamsmelt tot wat Hardt en Negri die "kapitalistiese orde" van "Imperium" noem. Binne laasgenoemde orde word militêre handeling toenemend volgens hierdie denkers as "polisiëring" verstaan, ofskoon dit gewoonlik met gewelddadige konflik gepaardgaan. Ter beantwoording van die vraag, of "oorlog" vandag nog dieselfde betekenis dra as in vroeër tye, onderneem die artikel 'n vergelykende historiese ondersoek van hierdie toedrag van sake, en poog vervolgens om die vraag te beantwoord, naamlik, hoe sodanige globale geweld aan die hand van die psigoanalities-teoretiese begrip van "aggressiwiteit" as moontlikheidsvoorwaarde van aggressie of geweld verstaan kan word. Lacan se teorie van die subjek, asook sy diskoersteorie, word saam met Derrida se interpretasie van die gebeurtenis van 9/11 benut om die voorgestelde interpretasie uit te voer.

    Palabras clave : 9/11; aggressiwiteit; diskoers; geweld; identifisering; kapitalisme; Imperium; media; neoliberalisme; politiek.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )