SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4Development and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VORSTER, Johannes N. Die probleem van representasionalisme en die moontlikhede van retoriek(e) van die lyf ter oorweging vir 'n gesonde gemeenskap. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.601-617. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a7.

    Representasionalisme, gevoed deur 'n rigiede identiteitspolitiek en afkomstig uit 'n essensialistiese werklikheidsbeskouing, word hier geproblematiseer (hoewel nie afgeskryf nie), veral as gangbare diskoers vir 'n multikulturele Suid-Afrika. Verankerd in die Grondwet, is dit 'n vraag of dit die verskille van 'n multikulturele samelewing kan hanteer. Die vraag word egter oopgelaat om meer op die problematisering van identiteitspolitiek self te fokus. So word dan ook interseksionaliteit, afkomstig vanuit feministiese kringe, as illustrasie van dié problematiek aangebied. Eerder as om identiteitspolitiek, wat ook aandring op die handhawing van individuele en kollektiewe regte, af te skryf, word geargumenteer dat retoriek(e) van die lyf, geïnformeer deur diskursiwiteit wat tot die produsering en onderhouding van verskillende subjektiwiteite aanleiding gee, dalk beter tot 'n gesonde gemeenskap kan bydra.

    Palabras clave : Retoriek van die lyf; lyflike retoriek; liggaamspolitiek; identiteit; identiteitspolitiek; representasie; verteenwoordiging; essensialisme; taal en werklikheid; gehabitueerde liggaam; materialisering van die liggaam; verskil; interseksionaliteit.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )