SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número3Using hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve readingDrama chronicle 2008-9 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VAN DER WALT, B.J.. Vier visies op Christus se teenwoordigheid by die nagmaal: ʼn Analise van hulle filosofiese grondslae. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.387-404. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A5.

    Gedurende die sestiende eeu - en tot vandag - kon vier verskillende visies op Christus se teenwoordigheid by die mis en die nagmaal, ten spyte daarvan dat almal hulle op die Skrif beroep het, geen eenstemmigheid bereik nie. Hierdie studie stap terug in die geskiedenis om vas te stel watter filosofiese strominge destyds geheers het en hoe die wysgerige grondslae gelyk het wat hierdie teologiese verskille en geskille veroorsaak het. So 'n benadering verklaar die transsubstansialistiese Katolieke visie, Luther se konsubstansialisme, Zwingli se herinnering deur die verstand en Calvyn se gevoelservaring van die hart by hierdie sakrament. Hoe die ontmoeting tussen God en mens daarby plaasvind, is by almal tot 'n mate verduister deur Bybels-vreemde denke oor sowel Christus as die mens. Die rede is dat die vraag hoe Christus by die nagmaal teenwoordig is nie werklik beantwoord kan word sonder om 'n denker se beskouinge oor Wie God is en wat die mens is ter sprake te bring nie. In al vier gevalle was daar ook een of ander vorm van semi-mistiek ter sprake, wat nie die Bybelse radikale onderskeid tussen Skepper en skepping gehonoreer het nie.

    Palabras clave : Beskouinge oor: eucharistie, nagmaal; konsubstansiasie; teenwoordigheid van Christus en Heilige Gees; transsubstansiasie. Verteenwoordigers: Aquino, Thomas van (1224-1274); Calvyn, Johannes (1509-1564); Eck, Johann (1486-1543); Luther, Maarten (1483-1546); Ockham, Willem (1285-1349); Zwingli, Ulrich (1484-1531). Antropologieë: redelike en gevoelservaring; deelname (partisipasie) en deïfikasie; semi-mistiek; siel en liggaam; sielsfunksies (trigotomie) Filosofiese strominge: Augustinianisme; Humanisme; Neoplatonisme; Ockhamisme; Skolastiek; Stoïsisme.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )