SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número3Meaningfulness as experienced by a group of South AfricansFranchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchising índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    GOUWS, Rufus H.. Wie is die teikengebruikers van eentalige aanleerderwoordeboeke?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.343-355. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A2.

    Eentalige aanleerderwoordeboeke is gerig op gebruikers wat 'n vreemde taal aanleer. Die fokus is op hulle behoeftes met betrekking tot die vreemde taal. Die moedertaal van 'n uiteenlopende groep gebruikers word egter nie in aanmerking geneem nie. Hierdie artikel wys daarop dat eentalige aanleerderwoordeboeke aangepas moet word, sodat die verskillende moedertale van verskillende gebruikers 'n invloed op die keuse van aanduiders en die aard van die leksikografiese bewerking sal hê. Daar word daarop gewys dat 'n generiese eentalige aanleerderwoordeboek nie moedertaalsprekers van verskillende tale bevredigend kan help met betrekking tot byvoorbeeld vals vriende, kultuurgebonde leksikale items en met die impak van taalbeïnvloeding en taalversteuring nie. Voorstelle word gemaak vir 'n model waarvolgens sowel gedrukte as aanlyn eentalige aanleerderwoordeboeke 'n sterker gebruikersgerigtheid kan toon. Vir aanlyn woordeboeke word voorgestel dat een databasis geskep moet word waaraan verskillende variante artikels onttrek kan word.

    Palabras clave : aanleerderwoordeboek; aanlyn woordeboek; artikelstruktuur; dataverspreiding; eentalige aanleerderwoordeboek; gebruikersbehoeftes; kultuurgebonde leksikale items; laaistruktuur; taalbeïnvloeding; uitgebreide verpligte mikrostruktuur; vals vriende.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )