SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    KLEYNHANS, Ronel  y  KOTZE, Martina. Die verandering van houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede: 'n Vernuwende intervensie vir die werksplek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.835-854. ISSN 2224-7912.

    Persone met fisieke gestremdhede bly dikwels werkloos. Die redes hiervoor is onder meer negatiewe houdings en stereotipering van persone sonder gestremdhede binne die werksplek, wat meebring dat geleenthede vir persone met fisieke gestremdhede beperk word. Dit is dus nie net belangrik om werknemers toenemend bewus te maak van hoe voordelig die insluiting van persone met gestremdhede in die werksplek is nie, maar ook om ’n houdingsverandering in dié verband teweeg te bring. Intervensies wat op vernuwende houdingsveranderende leerstrategieë gegrond is, kon egter nie in die literatuur gevind word nie. In hierdie studie is ’n intervensie, gegrond op houdingsveranderende strategieë en interaktiewe drama, ontwikkel en toegepas in ’n poging om werknemers se houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek positief te verander. Die resultate van die kwasi-eksperimentele ontwerp het inderdaad ’n positiewe houdingsverandering ná die toepassing van die program getoon. Die toepassing van hierdie soort programme kan dus houdings verander en hopelik lei tot die toenemende integrasie van persone met gestremdhede in die werksomgewing.

    Palabras clave : Persone met fisieke gestremdhede; Houdings; Leerintervensie; Interaktiewe drama; Ervaringsleer; Houdingsveranderende strategieë; Kwasi-eksperimentele ontwerp.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )