SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VAN DER WALT, Johannes L  y  STEYN, Hendrik Johannes. Die erkenning van minderheidsgroepe, hulle ideale en hulle onderwysstrewes: Is daar 'n ander manier?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.820-834. ISSN 2224-7912.

    'n Oorsig oor die stand van sake met betrekking tot die onderwysideale en -voorsiening van minderheidsgroepe lei tot die gevolgtrekking dat daar 'n onvermydelike spanning bestaan tussen die ideale en sieninge van minderheidsgroepe en dié van die meerderheidsgroep in die samelewing, en dus dat die verantwoordelikheid op 'n minderheidsgroep lê om 'n weg uit die impasse te vind. Drie sulke weë word ondersoek, naamlik fundamentisme, postfundamentisme en post-postfundamentisme. Omdat die eersgenoemde te imperialisties, rasionalisties en deterministies, en die tweede te relativisties bevind is, word aandag aan die derde bestee. Hierdie oriëntering word gekenmerk deur sy strewe om tussen die uiterstes van die eerste twee benaderings deur te stuur, en verder ook deur sy gesonde verstand-benadering. Weens die epistemologiese ewewigtigheid daarvan kan die post-postfundamentistiese benadering vir minderheidsgroep-strategiese beplanners 'n waardevolle oriënteringspunt wees.

    Palabras clave : fundamentisme; postfundamentisme; postmodernisme; post-postfundamentisme; minderheidsgroepe; opvoeding; onderwys; regte; waardes; strategie.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )