SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4The profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN OORT, Ronel  y  CARSTENS, Wannie. Die onderrig van Afrikaanse woordeskat en variëteite vanuit 'n inklusiewe taalgeskiedkundige perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.693-707. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel fokus op die onderrig van die (geleende) woordeskat van Afrikaans (Intermediêre Fase) en die streeksvariëteite van Afrikaans (Senior Fase) aan die hand van 'n inklusiewe taalhistoriese perspektief. In breë trekke behels die inklusiewe ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans roetes van verskillende groepe mense oor oseane en kontinente heen wat aan die suidpunt van Afrika ontmoet het. Danksy dié (onwaarskynlike) samekoms van Europese setlaars, inheemse Khoi en slawe uit onder andere Asië ontwikkel 'n taal in Afrika met 'n penwortel in Wes-Europa, maar met duide-like wortels in Asië en Afrika (Hugo 2009; Raidt 1991). Pogings van die gekoloniseerde Khoi en ingevoerde slawe om Nederlands (taal van die koloniseerders) aan die vroeë Kaap te praat, het aanleiding gegee tot die ontstaan van die historiese Westelike en Suidelike Afrikaanse aanleerdersvariëteite van die Khoi en van die slawe. Hierdie aanleerdersvariëteite het belangrike kulturele en taalbydraes tot die ontwikkeling van die Afrikaanse woordeskat gelewer wat sterk in moderne Afrikaans na vore kom. Kennis van en insig in hierdie "ryk en sterk erfenis" moet volgens Boesak (2007) "ontdek, erken en omarm" word, aangesien die miskenning van "gekleurde" bydraes in die ontwikkeling van Afrikaans tot in die onlangse verlede persepsies verstewig het dat Afrikaans slegs 'n "wit" herkoms het (Carstens 2013). Om verhoudings tussen Afrikaanssprekendes én ander Suid-Afrikaners te verbeter, behoort die eksklusiewe weergawe van die Afrikaanse taalgeskiedenis met die inklusiewe ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans (wat die bydraes van groepe uit Wes-Europa, Afrika en Asië in die ontstaan van Afrikaans insluit) vervang te word. Die aangewese vertrekpunt daarvoor is die skoolgaande jeug van Suid-Afrika.

Palabras clave : Afrikaans; woordeskat; variëteite; eksklusief; inklusief; sewentiende-eeuse Kaap; volgehoue taalkontak en interaksie; ontwikkelingsgeskiedenis; kulturele en sosiopolitieke milieu; taalinvloede; erkenning; onderrig.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons