SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número3Gebroke land: armoede in die afrikaanse gemeenskap sedert 1902 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.54 no.3 Pretoria sep. 2014

     

    AANKONDIGING

     

    Uitnodiging - Bydraes oor T.T. Cloete

     

     

    T T Cloete het die mylpaal van 90 jaar op 31 Mei vanjaar bereik. Om hierdie besonderse geleentheid te vier, word beoog om volgende jaar (Junie 2015) bydraes oor Cloete in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe byeen te bring. Die redaksie nooi belangstellendes uit om bydraes voor te lê ter huldiging van Cloete se merkwaardige voortgesette produktiwiteit as denker en digter. Sedert die vorige huldiging vir Cloete in hierdie tydskrif, in Desember 2009, het nog vier publikasies die lig gesien - Uit die wit lig van my land gesny, Onversadig, Die ander een is ek en Karnaval en Lent.

    U is welkom om enige aspek van, of enige tydperk in die oeuvre van die digter te belig in óf 'n wetenskaplike (artikel) óf 'n kreatiewe (gedig) bydrae. Laat ons asseblief teen middel Oktober weet of u belang stel om 'n bydrae te lewer en wat die aard daarvan sal wees. Die sperdatum vir inlewering is 15 Februarie 2015, vir oorweging van publikasie in die tydskrif in Junie volgende jaar.

    Prof Bernard Odendaal is die gasredakteur en alle navrae moet asseblief aan hom gerig word by Bernard.Odendaal@nwu.ac.za.

    Ina Wolfaardt-Gräbe
    Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe
    Julie 2014