SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    CARL, Arend. Die stand van kurrikulumstudie binne opvoed-kundefakulteite aan Suid-Afrikaanse universiteite. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.629-645. ISSN 2224-7912.

    'n Navorsingsprojek is gedurende 2010-2011 onderneem om 'n grondige ondersoek te doen na die ontwikkeling en die huidige stand van kurrikulumstudie aan Suid-Afrikaanse universiteite, spesifiek binne opvoedkundefakulteite. Wat beteken dit indien daar van 'n Suid-Afrikaanse kurrikulumstudie gepraat word? Wat is die stand van kurrikulumstudie aan Suid-Afrikaanse universiteite? Hoe het kurrikulumstudie as studieveld in Suid-Afrika ontwikkel? Tot watter mate word kurrikulumstudie aan Suid-Afrikaanse universiteite in die besonder in fakulteite waar onderwysersopleiding plaasvind, as studieveld/navorsingsterrein beoefen? Wat is die aard en omvang van kurrikulumteorie binne die betrokke studieveld in die SA konteks, en geniet dit nog die nodige aandag? Tot watter mate word onderwysers voorberei om effektiewe kurrikulumagente te wees deur doelmatige bemagtiging ten opsigte van kurrikulumstudie deur hulle in staat te stel om kurrikulum te kan bedink en te herkonseptualiseer? Om hierdie vrae te beantwoord, is 'n literatuurstudie en vraelysondersoek tydens die projek geloods, aangevul met ter plaatse besoeke en onderhoude. Die resultate dui daarop dat kurrikulumstudie as studieveld nie heeltemal tot sy reg kom nie en dat die dominante beskouing fokus op die praktiese aspekte daarvan, met ander woorde hoe onderwysstudente voorberei kan word om die betrokke skoolvak aan te bied. 'n Grondige begrip van kurrikulumstudie en hoë vlakke van akademieskap ("scholarship") is beperk tot slegs enkele sentra. Daar bestaan nie so iets soos 'n unieke Suid-Afrikaanse kurrikulumstudie nie en daar is veel ruimte vir verbetering. Strategieë sal gereed gekry moet word om op 'n gekoördineerde wyse kurrikulumstudie as studieveld in Suid-Afrika te vestig en te ontwikkel.

    Palabras clave : Kurrikulum; kurrikulumstudie; kurrikulumontwikkeling; kurrikulumagent; kurrikulumteorie; vakkurrikulering; kurrikulumverandering; onderwysers-opleiding; bemagtiging; diskoers; kurrikulumdenke; studentonderwysers.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )