SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South AfricaUsing hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    OBERHOLZER, Gerhard. Suid-Afrikaanse immigrasie na Australië: 'n interdissiplinêre narratiewe studie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.304-318. ISSN 2224-7912.

    In hierdie studie is geluister na die narratiewe van Suid-Afrikaans gebore immigrante, wat hulself in Brisbane, Australië gevestig het. Die plaaslike konteks word in die gereformeerde gemeente, die "Mansfield Christian Reformed Church" gevind en die ontwikkeling van diensbare leierskap word beskryf as deel van die kultuur van die gemeente wat fokus op die nood van immigrante. Die navorsing het plaasgevind vanuit 'n epistemologie wat uit 'n narratiewe benadering vloei. Die postfundamentele teologiese posisionering inkorporeer transversale rasionalisasie, met die doel om 'n dieper verstaan van die narratiewe navorsing te bewerkstellig. Die ontwikkeling van diensbare leierskap word as 'n natuurlike uitvloeisel van die immigrasieproses bespreek. Die gevolgtrekking van hierdie studie is dat diensbare leierskap as 'n integrale deel van gelowige immigrasie en globalisering verstaan word en dat dit intensioneel deel vorm van die leierskapkultuur in 'n immigrant-vriendelike gemeente. Die voorstel wat hieruit voortvloei, is dat verskillende gemeentes en kerkverbande van Suid-Afrika en Australië kan baat by die aanwending van diensbare leierskap binne die konteks van immigrasie en globalisering.

    Palabras clave : diensbare leierskap; narratiewe navorsing; postfundamentele benadering; praktiese teologie; interdissiplinêre gesprek; epistemologie; medenavorsers; respondente; transversale rasionaliteit; geloofsgemeenskap; globalisering.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )