SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    BISSCHOFF, CA  y  LOTRIET, R A. Die dienskwaliteit van die PUK Rugby Instituut. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.266-286. ISSN 2224-7912.

    Kliëntetevredenheid is van kardinale belang vir die PUK Rugby Instituut (PRI). Die kliënte van die PRI bestaan uit studentespelers wat hoë verwagtinge koester van die PRI om die nodige ontwikkelingswerk te doen op sport sowel as akademiese terrein. Empiriese navorsing is ingespan om die kliënte (spelers) se tevredenheid te toets. Daar is ook 'n vergelyking getref tussen sogenaamde Prioriteitspanne van die PRI (PUK 1, 0/21A en 0/19A) en Nie-prioriteitspanne (PUK 2, PUK 3 en ander onderouderdom spanne). Die dienskwaliteit is gemeet by al die spanne en die diensvlakke kan as bevredigend beskryf word. Veral die Prioriteitspanne evalueer die diens van die PRI as uitstekend. Die effekgrootte is gebruik om betekenisvolle verskille in diens te meet, en daar is bevind dat daar nie prakties betekenisvolle verskille voorkom tussen die dienstevredenheid van Prioriteitspanne en dié van Nie-prioriteitspanne nie. Verder is daar vyf onderliggende faktore geïdentifiseer deur middel van 'n faktor-ontleding wat 'n bevredigende 55% van die variansie verklaar. Hiervan is faktor 1, Sukses behaal deur die afrigtingspan, die belangrikste aangesien dit 31% van die variansie verklaar. Die ander vier faktore is: Vaardigheid van spelers, Regstellende kommunikasie, Klerasie, en Addisionele spelersbetrokkenheid.

    Palabras clave : Kliëntediens; dienskwaliteit; rugby; faktor-ontleding; PUK Rugby Instituut; diensgaping; spelers; kliëntediensindeks; sport.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )