SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    CROUCAMP, Piet. Openbare uitsaaiwese en politieke intervensionis-me in 'n postbevrydingsamelewing: Die SAUK en kompeterende meta-narratiewe (regimevoorkeure). Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.98-109. ISSN 2224-7912.

    Die diskoers met betrekking tot die rol en funksie van die openbare uitsaaier word gereflekteer in diverse, kompeterende meta-narratiewe. Meta-narratiewe verwys na 'n normatiewe politieke voorkeur met betrekking tot die vestiging van instellings van beheer, die formulering van die reels van sosiale ordening, asook die sosiale waardes wat daardie reëls onderlê (regimes). Hierdie artikel ontleed die rol en funksie van die openbare uitsaaier in Suid-Afrika in die konteks van die nasionale politieke diskoers, asook die regverdiging vir die meta-narratief van voorkeur soos aangebied in die konteks van sosiaal-politieke geregtigheid. Die organisatoriese spanning tussen 'n intervensionistiese rol en funksie van die staat, en 'n regulatoriese voorkeur van liberaal-demokratiese regimes, het pertinente konsekwensies vir die operasionele definisie van die nasionale uitsaaiwese. Die wyse waarop die staat se rol en werking binne die samelewing gedefinieer word, is direk in verhouding met die wyse waarop die openbare uitsaaiwese geformuleer word. Die intervensionistiese verwysingsraamwerk het sy oorsprong in die bevrydingsnarratief en die regulatoriese verwysingsraamwerk het konseptuele en operasionele verbintenisse met die liberale (utilitaristiese) narratief. In die konteks van die spanning tussen kompeterende regimes word die openbare uitsaaiwese byna noodwendig 'n terrein vir politieke en sosiale mededinging. Die beginsel van institusionele outonomiteit is dus teoreties eerder as empiries.

    Palabras clave : SAUK; SAUK-raad; nuuskantoor; regime; liberalisme; utilitarisme; openbare uitsaaiwese; politieke bevryding; aanspreeklikheid verteen-woordiging.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )