SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN LOUW, Trevor  y  WAGHID, Yusef. Die behoefte aan 'n multidimensionele benadering tot dissiplineprobleme op skool. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.467-476. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel beklemtoon die belangrikheid van behoorlike sosiohistoriese kontekstualisering van dissipline in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel is, is dat skole 'n spieëlbeeld is van die samelewings waarin dit voorkom en dat hierdie feit in ag geneem moet word wanneer strategieë vir die hantering van die probleem gekontekstualiseer word. In the Suid-Afrikaanse konteks vra dit vir die erkenning van die impak van eeue van onderdrukking in die koloniale en apartheidsera soos wat dit verband hou met die huidige probleme in die breër samelewing en in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel word, hou rekening met die belangrikheid van die sosiohistoriese kontekstualisering van dissiplinêre probleme in skole as 'n sosiale werklikheid en die noodsaak om probleme in die samelewing met dié in skole in verband te bring. Dit word voorts geargumenteer dat die komplekse aard van die probleem wat op hierdie wyse blootgelê word, 'n veelfasettige benadering verg waar alle rolspelers (ook dié buite die skool, op 'n geïntegreerde wyse met die skool saamwerk om gepaste strategieë te ontwikkel, implementeer, moniteer en evalueer en om dit na kritiese refleksie aan te pas, sou die omstandighede dit vereis.

Palabras clave : Dissipline; sosio-historiese konteks; multidimensionele benadering; demokrasie; samewerking.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons