SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VAN DER WALT, J L  y  OOSTHUIZEN, I J. 'n Moontlike alternatiewe benadering tot leerderdissipline. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp.374-388. ISSN 2224-7912.

    Die konvensionele benadering tot dissipline in skole het klaarblyklik verouderd geraak in verskeie wêrelddele, insluitend Suid-Afrika, onder meer vanweë die postmoderne tydgees wat in die afgelope drie tot vier dekades homself meester gemaak het van mense se mentaliteit. Die nagevolge van die anti-apartheidstryd en die aanbreek van 'n menseregtekultuur in 1994 het ook bygedra tot die oproep om 'n nuwe benadering tot die handhawing van dissipline in skole. Hoewel die kerneienskappe van dissipline en opvoeding in wese dieselfde gebly het, het dit raadsaam geraak om die daadwerklike handhawing van dissipline ietwat anders te benader. Die hedendaagse leerder in die skool is 'n meer volwasse konsument in die karnavalagtige postmoderne omgewing as kinders in vorige bedelings. Hierdie insig bring mee dat opvoeders, insluitend onderwysers, meer gerig moet wees op die konstruktiewe besig-hou van die leerders deur middel van sinvolle aktiwiteite wat by die tydgees pas. Dit beteken onder meer dat hulle op kreatiewe maniere "vermaak" moet word, onder meer met behulp van nuwe tegnologiese middele wat tot almal se beskikking is. In die proses moet opvoeders eerder fasiliteerders van leergeleenthede word as dispenseerders van

    Palabras clave : Opvoeding; onderwys; dissipline; tydgees; postmodernisme.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )