SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1Comparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Historia

    versión On-line ISSN 2309-8392versión impresa ISSN 0018-229X

    Resumen

    MORAPEDI, Wazha G.. Skills acquisition and investments by Batswana migrants from southern Botswana to South Africa, 1970-2010. Historia [online]. 2018, vol.63, n.1, pp.130-149. ISSN 2309-8392.  https://doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n1a7.

    Hierdie artikel fokus op trekarbeid van suidelike Botswana na Suid-Afrika. Die artikel poog om die positiewe bydrae wat migrasie vir migrante en hul gemeenskappe inhou, te beklemtoon. Ten spyte daarvan dat trekarbeid vir verskeie negatiewe sosio-ekonomiese uitwerkings in Botswana blameer is, word hier geargumenteer dat trekarbeid positief bydrae tot die welstand van sekere huishoudings en gemeenskappe in die breë. Deur die gebruik van gevallestudies in verskillende dorpies in die streek, gaan daar gewys word hoe arm en ongeskoolde jong mans wat na Suid-Afrika getrek het, dit kon vermag om in boerdery en kommersiële ondernemings te belê, terwyl hulle terselfdertyd ook die sosiale leer geklim het. Lone wat uit trekarbeid verkry is, het die basis van sommige suksesvolle ondernemings gevorm. Hierdie artikel dui ook op hoe van die vaardighede wat trekarbeiders aangeleer het, later, na hul terugkeer na Botswana, produktief aangewend is. 'n Soortgelyke studie wat op die Bukalanga-streek in die noord-oostelike deel van Botswana fokus, maar waarin die aanleer van werksvaardighede nie beklemtoon is nie, is in 2004 deur dieselfde navorser onderneem.

    Palabras clave : Botswana; Suid-Afrika; verplasing; landbou; arbeiders.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )