SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1Comparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Historia

    versión On-line ISSN 2309-8392versión impresa ISSN 0018-229X

    Resumen

    DE KLERK, Pieter. Die periodisering van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in resente oorsigwerke. Historia [online]. 2011, vol.56, n.1, pp.138-152. ISSN 2309-8392.

    Verskeie vraagstukke in verband met historiese periodisering is in wetenskaplike publikasies bespreek. In aansluiting by hierdie studies word tien oorsigwerke wat sedert 1990 verskyn het en waarvan professionele historici die skrywers en/of redakteurs was, in die artikel in oënskou geneem. Dit blyk dat daar heelwat ooreenkomste tussen die periode-indelings in hierdie werke bestaan. Dit dui daarop dat historici, ten spyte van verskillende uitgangspunte en oogmerke, dieselfde patrone van kontinuïteit en verandering in die Suid-Afrikaanse geskiedenis identifiseer. Tog kom geen van die periodiserings presies ooreen nie en verteenwoordig elke skrywer se periode-indeling en periodebenamings 'n besondere interpretasie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die sterk klem wat steeds deur oorsigskrywers op politieke en ekonomiese geskiedenis gelê word, bring mee dat sosiale en kulture aspekte nie 'n belangrike rol in hulle periodiserings speel nie. In toekomstige oorsigwerke sal groter aandag aan hierdie aspekte waarskynlik 'n belangrike invloed op periode-indelings van die Suid-Afrikaanse geskiedenis hê.

    Palabras clave : Apartheid; Boererepublieke; dekolonisasie; ekonomiese geskiedenis; Groot Trek; historiese oorsigwerke; historiese temas; industrialisasie; inheemse bevolking; Kaapkolonie; kolonialisme; kultuurgeskiedenis; Mfecane; Natal; periodisering; politieke geskiedenis; segregasie; sosiale geskiedenis; Suid-Afrikaanse geskiedenis; Unie van Suid-Afrika.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )