SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Koers

    versión On-line ISSN 2304-8557versión impresa ISSN 0023-270X

    Resumen

    VAN DER WALT, J. L.. Die neoliberalisme en opvoeding en onderwys: 'n reformatories-pedagogiese perspektief (deel 1). Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.1, pp.1-11. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.82.1.2275.

    Hierdie artikel is 'n verdere skakel in 'n reeks studies en publikasies uit die penne (rekenaars) van Suid-Afrikaanse reformatoriese opvoedkundiges wat verband hou met die sogenaamde -ismes wat hulle beskou het as bedreiginge vir die Christelike (Bybelse) siening oor opvoeding (insluitend onderwys in die sin van onderrig en leer). In hierdie deel van die artikel word eerstens 'n kort oorsig gegee oor hoe die reformatoriese opvoedkundiges tot dusver te werk gegaan het om die "-ismes" wat hulle beskou het as bedreigings vir, of as uitdagings aan die Christelike opvoeding en onderwys, aan die kaak te stel. Dit word gevolg deur 'n poging om die begrip "neoliberalisme" te omskryf en te stel wat dit breedweg impliseer, veral in 'n opvoedkundige konteks. Hierdie deel van die artikel berei die weg voor vir 'n kritiese ontleding van neoliberalisme as 'n "opvoedingsfilosofie" en van sy transendentale voorwaardes in die tweede deel van die artikel.

    Palabras clave : Kernbegrippe; liberalisme; neoliberalisme; opvoeding; onderwys; Christelike opvoeding en onderwys; onderrig en leer; filosofiese uitgangspunte; transendentale grondslae.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )